​‘n Praktiese en snoesige modulêre Kaapse huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
50m2 Sugar Gum Cladded home with decking - work in progress., Greenpods Greenpods منازل خشب Wood effect
Loading admin actions …

Suid Afrika kom stadig maar seker by wat modulêre huise aanbetref. En om dit te bewys, gaan vandag se homify 360° ontdekking fokus op ‘n modulêre skepping ontwerp deur die professionele bouers Greenpods van Stellenbosch. Dié groep weet net wat dit vat om modulêre (voorafvervaardigde) huise te ontwerp wat gepaard gaan met doeltreffende boumetodes, asook hoe om energiebesparings hoog en boukostes laag te hou. 

Die spesifieke struktuur wat ons vandag na kyk kan perfek werk vir ‘n kompakte huis, asook ‘n klaskamer, kantoor, kunsgallery, gimnasium… basies enigiets wat kan werk binne ‘n grootte van 50 m². 

Ten waarde van R580,000.00, spog hierdie praktiese huisie nie net met ‘n ruim binnekant nie, maar ook met ‘n unieke styl van buite af.

Van buite af

Dié spesifieke struktuur is Greenpods se 50-meter model, een van hul medium-grootte opsies. Dit is gemaak van Suikerbloekom en, soos ons kan sien, bied ‘n heel aangename and warm gevoel van buite af.

Gepas vir jou sak

Die modulêre eenhede (ook genoem “pods”) is as losstaande ontwerp, en afhangende van mens se begroting, kan die verskillende eenhede en vloerplan verander word met verskeie keuses vir afwerkings vir die badkamer, slaapkamer en kombuis.

Aan die binnekant

Alhoewel die binnekant nie vreeslik groot is nie, bied dit tog genoeg spasie om gemaklik rond te beweeg. Maar dit is juis die hoë mure en plafon, asook die groot vensters en deure van glas, wat die binnekant meer ruim laat lyk.

En natuurlik is dit ‘n groot bonus dat jy met hierdie modulêre huisies kan kies in watse rigting jy jou voordeur, vensters en agterstoep wil hê om die beste lig te vang (wat ook die binnekant se temperatuur beïnvloed).

‘n Oopplan

Aangesien die huis ‘n heel beskeie grootte het, was dit besluit om ‘n oopplan aan die binnekant te ontwerp, wat beteken die kombuis, sitkamer en eetkamer is almal gerieflik naby aanmekaar (wat natuurlik fantasties uitwerk vir ‘n lekker kuier saam met vriende en familie).

Doeltreffend en funksioneel

Die inbou kaste (van die slaapkamer en kombuis) is heel geskik om te help dat die binnekant ruim en netjies bly.

Ekstra goedjies

Wanneer dit kom by ekstra goed soos krane en ligte, kan mens seker wees dat jy kry waarvoor jy betaal met ‘n modulêre huis, aangesien al hierdie bybehore ingesluit is in die finale prys.

Die kombuis moetgoed

Aangesien al die vereiste kombuis toestelle (soos die stoof, mikrogolfoond, oond en wasbak) in ‘n netjiese ry gepak is, beteken dit ‘n heel doeltreffende en praktiese werksplek vir die kok.

Die slaapkamer

Die slaapkamer geniet pragtige uitsigte van die omliggende landskap, en die vensters keer dat die kamer te donker voorkom (wat dit natuurlik ook kleiner kan laat lyk). 

En die feit dat die plafon heel hoog is verskaf nog ekstra moontlikhede vir stoorplek – hoeveel rakke, byvoorbeeld, sal mens nog kan aanlas teen daai mure?

Klein, maar slim

Die slaapkamer het ‘n hele paar moderne slimmighede (soos muurligte vir lees wat meer tafelspasie ooplaat, bedtafeltjies wat teen die muur gemonteer is en dus geen vloerspasie gebruik nie, ruimte onder die bed vir ekstra stoorplek) wat dit meer prakties en verwelkomend maak vir alledaagse gebruik.

Die badkamer

Wat die badkamer aanbetref, het die bouers besluit om dit net so ontspanne en eenvoudig soos die res van die huis te hou, asook baie modern. Alhoewel dit al die noodsaaklikhede van ‘n voldoende badkamer voorsien, maak dié spesifieke vertrek gebruik van ‘n eenvoudige uitleg om meer spasie te bespaar – en wat natuurlik ook skoonmaak soveel gouer en makliker maak! 

Vir nog meer badkamer idees, kyk bietjie na: 13 stunning bathroom designs for all tastes.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا