Ons verstaan heeltemal dat nie almal lekker groot huise en erwe het nie, maar dit is geen verskoning hoekom jou huis nie ‘n greintjie groenigheid kan geniet nie. En ons praat nie nou van een enkele blom in ‘n ou pot nie – dit tel nie.
Hulle sê mos dat tuinmaak een van die beste vorme van terapie is, so waarvoor wag jy?
Dus, terwyl jy soek na ‘n ander verskoning hoekom jy nie ‘n pragtige tuin tuis het nie, kom ons kyk na 17 wonderlike voorbeelde van klein tuintjies wat in enige spasie (en enige huis) kan werk.
Net ‘n klein spasie word benodig om ‘n ingangsportaal of area onder die trappe in ‘n groen en vars plekkie te omskep.
As jy die tipe persoon is wat altyd vergeet om hul tuin nat te lei, dan het ons die oplossing: gebruik kaktusse en vetplante, asook klippe om jou tuin op te tower.
Palmbome is altyd ‘n goeie keuse vir klein tuine, aangesien hul stam nie te dik word nie, en hul groot blare (wat gelukkig hoog groei) ook heerlike koelte kan verskaf.
Moenie dat jou tuin jou verveel nie; meng verskillende plante, klippe en kleure om ‘n heel unieke skepping in jou eie agter- (of voor-)tuin te geniet.
‘n Tropiese tuin is ideaal vir ‘n spasie wat jy ontspanned wil laat lyk, veral met moderne huise en/of naby ‘n swembad.
Die wonderlike ding van klippe is dat hulle, nes plante en blomme, ook kleur, tekstuur en vorm verskaf – en dan hoef jy hulle nie eers nat te lei nie!
Alhoewel hierdie klein skeppingtjie nie veel meer as ‘n meter hoog en breed is nie, bied dit ‘n lieflike kombinasie van plante, gras, klippe en water aan.
As jy te min spasie in jou tuin het kan jy altyd ‘n tuin binne in jou tuin maak – dis nou klomp klein plantjies bygeplant in ‘n area wat al klaar ‘n paar plante en blomme geniet.
So, hoe skei jy die twee tuine van mekaar? Deur klippe of blompotte, natuurlik.
Een van die vele lekker dinge van tuinmaak is dat jy dit in amper enige spasie kan doen, self nou areas tussen mure op jou stoep. Al wat jy benodig is ‘n paar potte, blomme en plante, asook ‘n slim uitleg.
Selfs die kleinste hoekie kan bietjie kleur en lewe kry deur middel van ‘n paar blomme en plante.
Selfs ‘n ou klein paadjie kan ‘n tuin groter laat lyk – en jy het ‘n wye keuse van verskillende materiale om een te bou, soos klip en hout.
Natuurlik is blomme nie jou enigste keuse nie – baie mense leef heel gemaklik van hul groente- en vrugtetuine (wat nie vreeslik groot is nie), so hoekom kan jy nie dieselfde doen nie?
Geen meer vloerspasie nie? Dankie tog vir iets soos vertikale tuine, wat beteken jy kan jou mure gebruik om jou tuinmaak talent te laat groei!
Jou voortuin is die perfekte geleentheid om jou gaste in styl te verwelkom. En soos hier bo gesien, het jy nie baie spasie nodig nie – self ‘n snaakse hoekie kan omskep word in ‘n lieflike ou miniatuur tuintjie.
Gepraat van hoeke, jy kan sommer jou ou voorstoep of parkeerplek ook optower met ‘n paar plante en klippe, soos hiér gesien.
‘n Heel unieke idee is om ‘n ondergrondse tuin te ontwerp, net soos Ansari Argitekte gemaak het. Maak net seker jy kry ‘n professioneel om jou te help.
‘n Standbeeld kan net so lekker aandag trek soos kleurvolle blomme en ‘n fontein – en aangesien hulle beskikbaar is in ‘n verskeidenheid groottes, sal jy definitief die perfekte een vir jou tuinspasie kan vind.
Gepraat van tuine, kyk bietjie na 16 easy DIY ways to create your dream garden!