​4 foto’s van ‘n pragtige maar eenvoudige Kaapse huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
HOUSE SIBIYA, Lifestyle Architecture Lifestyle Architecture منازل الطوب
Loading admin actions …

Wanneer dit kom by jou huis “oopmaak” vir vriende en familie, benodig jy nie net baie spasie nie (om seker te maak almal is gerieflik), maar ook ‘n sekere soort styl. Hierdie styl sluit nie noodwendig in ‘n spesifieke kombinasie kleure of materiale nie – dit verskil afhangende van watse elemente jy kombineer. 

Ons dink definitief dat hierdie huis wat ons in Kaapstad ontdek het perfek met daardie styl spog, en dat dit ook nog daarby ‘n heel volmaakte uitleg van spasie en meubels geniet. Kyk net hoe welkom die ontwerp mens laat voel, sommer al van die buitekant af…

Die voorkant

Al is hierdie huis in die moderne styl gebou, bied dit tog hier en daar ietsie wat ons aan die Toskaanse styl herinner, soos daardie klipmure, die oulike Terracotta klei dakteëls, die donker hout wat plekke soos die motorhuisdeur versier, ens. 

En natuurlik kan niemand stry dat die tuintjie aan die voorkant net soveel aandag geniet nie: ‘n welige grasperk, pragtige blomme, vars struike, en al die regte kleure wat so oulik met die neutrale skakerings van die huis kontrasteer.

Die droomkombuis

Ons dink hierdie kombuis is die perfekte werksplek vir enigiemand, maak nie saak of jy ‘n vyf-ster chef is of iemand wat skaar kan kook nie! Nie net bied hierdie kombuis heelwat stoorplek nie (ons is mal oor daardie glasdeure aan die regterkant), maar daar is ook heelwat oppervlaktes/werksareas om basies enige maaltyd op te tower. 

Voeg gerus ‘n paar stoele by daardie eiland sodat vriende jou kan geselskap hou terwyl jy daardie voortreflike ete voorberei.

Die moderne trappe

Die trappe wat lei na die boonste vloer geniet al die moderne materiale wat so stylvol lyk: hout, beton en vlekvrye staal wat daardie tikkie blinkgeid byvoeg.

Die stralende badkamer

Die vlekvrye staal van die trappe was so suksesvol dat dit besluit is om dit weer te gebruik vir die badkamer – kyk net hoe straal daardie spieëlraamwerk, krane en handdoek relings. 

Die badkamer se kleurskema kontrasteer nogal sterk met die kombuis s’n, aangesien dié area se styl meer lig en sag voorkom danksy daardie room kleure – ideaal vir die moderne badkamer van vandag, of hoe? 

Gereed vir nog ‘n super moderne ontwerp? Kyk gerus na: The perfect Pretoria home.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا