​Die pragtigste huis in Pretoria

Johannes van Graan Johannes van Graan
Modern Farmhouse - Silverlakes Nature Reserve, Karel Keuler Architects Karel Keuler Architects منازل
Loading admin actions …

Ons nuutste homify 360° ontdekking is van Karel Keuler Argitekte in Weltevredenpark, wie se kliënt ‘n pragtige huis gesoek het wat hom aan sy kinderdae op ‘n Vrystaatse plaas herinner. 

Die eindresultaat is ‘n stewige kombinasie van moderne klas en rustieke styl – en tamaai groot spasies! Hierdie unieke ontwerp is geleë in Silver Lakes Gholflandgoed se natuurreservaat, waar dit glad nie vreemd is om wild te sien wat vrylik rondloop nie.

Die buitekant

Die huis is regs langs ‘n dam geleë, wat natuurlik pragtige uitsigte vir die inwoners verseker. 

Verskillende materiale, teksture en vorms is gekombineer om aspekte van plaaslewe uit te beeld, soos wat ons binnekort aan die binnekant gaan sien…

Die voorste ingang

Wanneer laas het jy ‘n uitmuntende ingang soos hierdie beleef? Daardie houtpaadjie onder die moderne pergola; die helder beligting van albei kante; en daardie houtdeur wat mens aan ‘n ou plaasskuur laat dink.

Treffende styl

Sodra ons by die voordeur in is, word ons asems onmiddelik weggeslaan deur twee hoof elemente: twee graansilo’s drie verdiepings hoog wat die binnekant versier. Die eerste een dien as die huis se ingangsportaal terwyl die tweede een die agterkant van die spiraaltrap opkikker (hier gesien).

Die eetkamer

Dis nou maar ‘n feit dat nie alle eetkamers sulke luukse spasie geniet nie. Maar wat hierdie een ook laat uitstaan is daardie deftige kaggel ontwerp wat styl, karakter en lekker hitte aan die vertrek verleen.

En kyk net daardie fantastiese beligting wat bo die tafel skitter!

‘n Koninklike kamer

Natuurlik moet die hoofslaapkamer een van die beste uitsigte in die huis geniet! En kyk net hoe al die verskillende dékor en meubels saamkom om ‘n uitsonderlike rustieke styl te skep, soos daardie ou houtdeure wat instaan vir ‘n kopstuk.

Kom ons beloer nog so paar vertrekke in hierdie fantastiese skepping.

Kyk net hoe vergelyk hierdie skepping met Die pragtigste huis in die Kaap.

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا