​11 wonderlike pergolas om jou huis te versier

Johannes van Graan Johannes van Graan
Residência Contemporânea, Studio² Studio² حديقة
Loading admin actions …

Dis nie aldag maklik om die buitekant van mens se huis meer opwindend te maak nie. Ja, jy kan ‘n paar blomme plant of die mure/heining verf, maar daar moet mos ander maniere wees om die area rondom jou huis meer styl te gee?

Daar is, en alhoewel dit bietjie meer moeite verg as om ‘n kwas in ‘n verfblik te druk, is die resultate beslis die swoeg en die sweet werd! 

Kyk bietjie na hierdie pragtige pergolas wat sommer enige huis baie meer stylvol sal laat lyk…

1. Hierdie houtontwerp sal enige kuiergas onmiddelik laat stilstaan in verwondering.

Residência Contemporânea, Studio² Studio² حديقة

2. Alhoewel hierdie een nie dadelik uitstaan nie, maak dit beslis ‘n verskil aan die huis se ontwerp aan die buitekant.

3. Noem dit ‘n metaalpergola of sommer net ‘n moderne afdakkie, ons dink nog steeds hierdie een maak ‘n hengse verskil!

4. Wie sou nou kon dink dat hierdie pikswart ontwerp so elegant sou lyk?

5. Ons is mal oor hoe hierdie een se blokkie-ontwerp saamspeel met die hek en heining.

6. Al is hierdie pergola baie minimalisties (nes die huis), staan dit nog steeds pragtig uit.

7. Hout en metaal saam? Hierdie voorbeeld wys ons dis definitief ‘n goeie keuse!

8. ‘n Pergola is ook perfek vir spasies waar minder sonlig benodig word, soos delikate areas in die tuin.

9. Hierdie tamaai groot betonbalke trek beslis baie aandag!

10. Benodig jy meer/minder sonskyn? Swaai net daai hortjies na die regte kant toe!

11. Al wat nou hier kort is ‘n pragtige seil of material om die bokant te bedek.

Casa Moderna en Valdemorillo, Canexel Canexel حديقة

En gepraat van die buitekant, loer gerus na hierdie 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

تريد مساعدة في إتمام مشروع بيتك؟
تواصل معنا الآن

يبرز من مجلتنا